AfriForum dien klagte by SAMRK in oor kommentaar ná Hoërskool Driehoek-tragedie

Written by AfriForum

On 05/02/2020

Die burgerregte-organisasie AfriForum het klagtes by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien teen 24 persone wat ná die tragedie by die Hoërskool Driehoek rassistiese en aanhitsende opmerkings op sosiale media gemaak het. Vier leerders is oorlede en 21 ander beseer toe ’n loopbrug op Vrydag 1 Februarie by dié skool ineengestort het. 
Sommige van die rassistiese opmerkings sluit in:

“Don’t have heart to feel pain for three white kids. Minus 3 future problems”

– Siyanda Dizzy Gumede

“Minus 3 future land criminals”

– Neo Kgante

“If they’re white its not so sad. They have been reunited with their Apartheid grannies in hell. Fewer voters for AfriForum Hooray [sic]”

– Ndingu Amanda
Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat die organisasie teen alle vorme van rassisme gekant is en dat dié rassistiese gedrag walglik en onaanvaarbaar is.

“Enigiemand wat hom in iemand anders (in dié geval kinders) se dood verkneukel of daaroor bly is bloot omdat daardie persoon van ’n ander ras is, moet deur die samelewing tot verantwoording geroep word. Ons doen ook ’n beroep op die publiek om hul afkeur jeens sulke gedrag openlik uit te spreek,” sê Roets.

You May Also Like…

AfriForum gaan MRK-beslissing oor Malema-haatspraak beveg

AfriForum gaan die bevinding van die Menseregtekommissie (MRK) dat Julius Malema, leier van die EFF, se uitsprake teen wit mense nie op haatspraak neerkom nie in die hof betwis. Dit is vir die burgerregte-organisasie uiters kommerwekkend dat die MRK in wese blatante...

AfriForum wil Haatspraakwetsontwerp in parlement teenstaan

AfriForum het vandag tydens ’n konferensie aangekondig dat die burgerregte-organisasie ’n skriftelike betoog by die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling ingedien het teen die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en -spraak (die...

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!