Nelson Mandela-stigting lieg blatant en help om SA te polariseer

Written by AfriForum

On 05/02/2020

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vandag gereageer op die Nelson Mandela-stigting (NMS) se voorneme om Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by die organisasie, te vervolg ná die vlaguitspraak vroeër vandeesweek in die gelykheidshof.

Die hof het bevind die vertoon van die ou landsvlag kom op haatspraak neer.

Roets het ná die uitspraak in ’n akademiese konteks ’n foto van die ou vlag op Twitter geplaas met ’n vraag: Het ek nou net haatspraak gepleeg? Roets is tans besig met sy doktorsgraad in regte.

Kriel sê die NMS is oneerlik en speel tans ’n polariserende rol in die land. Dit doen ook afbreek aan die beeld van oudpres. Nelson Mandela as versoener.

Kriel het daarop gewys dat AfriForum die NMS nog voor die hofsaak genader het om gesprek oor die vlag te voer om te werk aan ’n samelewing gevestig op wedersydse erkenning en respek. Die NMS se aanname dat hulle AfriForum genader om saam te werk is ’n blatante leuen. Die waarheid is dat die NMS AfriForum se versoek verwerp het. Dit word bevestig deur afskrifte van korrespondensie met die NMS.

Oor die voorgenome saak teen Roets sê Kriel die NMS se drang om te verban en te sensor is so sterk dat dit bereid is om buite die bepalings van die uitspraak op te tree. Die hof het bevind die vertoon van die vlag is aanvaarbaar binne artistieke, joernalistieke en akademiese kontekste.

Kriel wys voorts daarop dat die NMS se optrede tot gevolg gehad het dat die vlag, wat grootliks in onbruik verval het, nou nuwe lewe en kultusstatus gekry het. Die ou vlag is ná die hofuitspraak wyd op sosiale media gedeel. “Ons pluk nou die wrange vrugte van die NMS se polariserende optrede.”

You May Also Like…

AfriForum: Nelson Mandela-stigting is oneerlik; speel polariserende rol

AfriForum: Nelson Mandela-stigting is oneerlik; speel polariserende rol

Die burgerregteorganisasie AfriForum beskuldig die Nelson Mandela-stigting (NMS) daarvan dat dié stigting tans ’n polariserende rol speel, oneerlik is en in die proses ernstig afbreek doen aan oudpresident Nelson Mandela se beeld as versoener. AfriForum doen ’n beroep...

Uitspraak voorbehou in minagtingsklag teen Ernst Roets

Uitspraak voorbehou in minagtingsklag teen Ernst Roets

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, se weergawe dat hy die ou vlag in Augustus vir “akademiese doeleindes” in ’n twiet gebruik en ’n vraag daarby gestel het, behoort aanvaar te word, het adv. Cedric Puckrin vandag namens hom in die Johannesburgse...

Verbanning in die naam van Mandela…

Verbanning in die naam van Mandela…

Deur Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum Oudpresident Nelson Mandela ontvang wêreldwyd erkenning vir sy rol in die stryd teen apartheid. Tydens die stryd teen apartheid het die destydse minderheidsregering ook skerp deurgeloop weens sy inperking van...

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!