Stop Discovery-rassisme

Written by AfriForum

On 06/02/2020

AfriForum en Solidariteit het op Maandag 26 November met Adrian Gore, Discovery se uitvoerende hoof, vergader nadat Discovery onlangs aangekondig het dat hul nuwe inisiatief, Discovery Bank, op ’n rassegrondslag teen minderhede sal diskrimineer.

Gore het tydens die vergadering aangedui dat Discovery voortgaan met dié inisiatief wat uitsluitlik aan swart deponeerders ’n 10%-aandeel in die maatskappy sal gee. Discovery weier om ’n onderneming te gee dat hulle nie verder teen wittes sal diskrimineer nie.

AfriForum respekteer almal se persoonlike keuse om te besluit met watter maatskappy hulle besigheid wil doen. Op hierdie stadium beveel AfriForum aan dat mense, wat gegrief is deur Discovery se diskriminasie, hul verbintenis met Discovery sal heroorweeg.

Discovery se poging om aan te voer dat hulle deur wetgewing gedwing word om wittes by dié aandeleskema uit te sluit, is vals. Hierdie is ’n deursigtige poging om hul eie aanspreeklikheid vir die diskriminerende aandeleskema te ontduik.

AfriForum is steeds van mening dat hierdie besigheidsplan blatante rassisme is.

’n Groot aantal van AfriForum se meer as 215 000 lede, is Discovery-lede. Ons kan nie toelaat dat rasse-uitsluiting die norm word nie. Dit is waarom AfriForum ’n dispuut met Discovery verklaar het.

Die volgende e-pos word direk aan Discovery gestuur.

You May Also Like…

AfriForum loods veldtog teen Discovery-rassisme

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n veldtog van stapel gestuur om die publiek teen die voorgenome rassediskriminasie van die nuwe Discovery Bank-afdeling in te lig. Die webblad www.stoprassisme.co.za is vir hierdie doel beskikbaar gestel sodat die...

Dispuut met MultiChoice oor dubbele standaarde

AfriForum het ’n dispuut met MultiChoice verklaar na aanleiding van die inkonsekwente toepassing van dié televisiemaatskappy se politieke beleid. Dít volg nadat MultiChoice aangekondig het dat hulle beleid is om nie blootstelling te gee aan persone wat verdelende...

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!